Floujoke Friday

Genesis

Ek daag by die polisiestasie op om papiere te beëdig en ek sien die polisiebeampte lees die Bybel.

Ek loer oor sy skouer en sien hy lees die boek Genesis.

Ek vra hom: “Wie het Adam se seun, Abel doodgemaak?’

Polisiebeampte antwoord: “Meneer jy moet na die 2de vloer gaan – mnr Kock doen die moordsake”

Rubin Klassen

Troue

By die groot en deftige troue kom die Predikant by díe gedeelte van die huweliksformulier, waar gevra word of daar enigeen is wat teen die huwelik gekant is.

In die heel agterste ry van die kerk staan daar toe ‘n elegant geklede, aantreklike dame, met ‘n baba in haar arms op en stap vorentoe.

Meteens is die hele kerk grafstil.

Almal se oë op die dame wie met ‘n klik-klak geluid van haar skoene in die gang afbeweeg.

Die bruid gee die bruidegom ‘n klap wat deur die stil kerk weergalm.

Die bruid se ma val flou met ‘n gil op haar lippe.

Slaap Tyd

Pa stuur sy seuntjie bed toe en na so vyf min roep hy: “Paaa!”
Sy pa antwoord: ” Wat is dit?”
“Ek is dors!
Pa: “Gaan slaap! As jy my weer roep, dan kom gee ek jou ’n pak slae”
Na vyf minute roep die seuntjie weer:  “Paaaa!”
Pa: “Wat is dit nou weer?!”
Seuntjie: “As pa vir my ’n pak slae kom gee, bring sommer die water saam asseblief”
Sheneen Hendricks

Gebed

Piet en Koos is oppad Springbok toe. Piet vra toe sy ouma om vir hulle ‘n gebed te doen vir reisgenade.
Ouma: “Beskerm die kinders op hulle weg George toe sodat die duiwel geen onheil oor hulle sal bring nie.”
Na ouma se gebed herinner Piet haar dat hulle eintlik oppad Springbok toe is en nie George toe nie.
Sy glimlag geheimsinnig en antwoord: “Ja, ek het die duiwel nou gou vir ‘n ride gevat. Hy sit nou heelnag staan wag op Riversdal!!”
Whilma Liedeman

Bones

Three guys are sitting on a street corner, throwing dice (what they called “BONES”). Because this is illegal, they are arrested and have to appear before the judge.
Judge to person Jack: What were you doing on the street corner?
Jack, ‘I was rolling the bones Sir’
Judge, ‘And what did the bones tell you?’
Jack, ‘The bones tells me 7 Sir’
Judge, ‘So you are going to sit for 7 years’

Judge to John, ‘What were you doing on the corner of the street?
John, ‘I was rolling the bones Sir’
Judge, ‘And what did the bones tell you?’
John, ‘The bones tells me One Sir’
Judge, ‘ So you’re going to sit for 1 year’

Judge to Peter, ‘What were you doing on the corner of the street’
Peter: ‘I was rolling the bones Sir’
Judge, ‘And what did the bones tell you?’
Peter, ‘The bones tells me nothing Sir, the bones tells me NOTHING’
Judge, ‘So you’ll have to sit until the bones tell you SOMETHING
Adrian Dreyden

Gatiep

Gatiep staan by die Stopstraat en bedel met ‘n blikkie in sy hand.
‘n Ou kom verby en gooi ietsie in die blikkie.
Die volgende dag staan Gatiep weer daar, maar hierdie keer met twee blikkies.
Dieselfde ou kom weer daar verby en vra: ‘Nou hoekom het jy dan nou twee blikkies?’ ‘
Gatiep antwoord: ‘My business doen so goed toe maak ek maar nog a branch oop’
Esmé Perrang De Andrade

Geluk, jy’t ‘n Tweeling!

Drie mans wag by die kraamsaal.
Die verpleegster kom uit en sê vir die eerste man: “Geluk! Jy het ‘n tweeling!”
Supertrots sê hy: ” Dis seker omdat ek by Twinsavers werk!”
Die verpleegster kom later weer uit en sê vir die 2de man: “Geluk! Jy het ‘n drieling!”
Hy glimlag trots en sê: “Dit moet wees omdat ek by Three Ships werk!”
Die derde man begin saggies huil en hulle vra waarom hy huil.
Met trane in sy oë sê hy: “Ek werk by Seven Eleven!”ax’!
Carmen Lucinda Mullins-Bosman‎

Taxi ry!

Drie baie dronk mans klim in die taxi.
Die bestuurder sien hulle is dronk en is nie
lus vir molles nie. Hy skakel die taxi aan en sommer
weer af. “Ons is hier” sê hy.
Twee klim uit en bedank hom.
Die derde een gee die driver ‘n taai klap en sê:
“Dis die laaste keer dat jy soo met ons ry,
ons kon dood gewees het!”
Van Lara Abrahams

Income Tax

Die Engelse juffrou vra vir Jannie om ’n sin te maak met ‘Income Tax’. Jannie antwoord: ‘My dog’s name is Tax. I open the door and Income Tax’!

Tuinslang

Die juffrou vra vir Gatiep om ’n sin te maak met tuinslang. Gatiep antwoord: ‘My Pa slaan die tuinslang dood met die hosepipe’

Ghost of Gloria Gaynor

Last night I woke up and the ghost of Gloria Gaynor was standing next to my bed At first I was afraid – I was petrified!

A Beggar Came Knocking

A beggar came knocking on my door and asked for something to eat. I told him he just knocked on heavens door and he smiled. Then I told him, ‘I heaven’t got anything for you’ From Kyle van der Vendt

The Traffic Officer

A traffic officer pulls over a drunk driver & says, “Sir can you get out of your vehicle please” The drunk driver replies, “Nee, meneer ek’s te dronk, klim jy in” From Marcelle Thompson

Hengse Drankprobleem

Juffrou: “Klas, as ek 5 bottels wyn in my een hand het en 5 bottels in my ander hand, wat het ek?”
Jannie: “’n Hengse drankprobleem juffrou!” From: Van Sheneen Hendricks

A Beggar Came Knocking

A beggar came knocking on my door and asked for something to eat. I told him he just knocked on heavens door and he smiled. Then I told him, ‘I heaven’t got anything for you’ From Kyle van der Vendt

Juffrou & Jannie

Juffrou vra vir Jannie: ‘Jy het 2 hondjies, ek gee jou nog 2. Hoeveel hondjies het jy?’ Jannie antwoord: ‘5!’ Juffrou sê: ‘Kom ek maak ‘n ander voorbeeld. Jy het 2 appels, ek gee jou nog 2 appels. Hoeveel appels het jy?’ Jannie antwoord: ‘4 appels’ ‘Presies,’ sê die Juffrou, ’So dis dieselfde beginsel! Nou vra ek jou weer. Jy het 2 hondjies en ek gee jou nog 2 hondjies. Hoeveel hondjies het jy?’ Jannie antwoord weer, ‘5!’ Juffrou vra: ‘Hoekom bly jy sê 5 en nie 4 nie?’ Jannie sê: ‘Want ek het nog ‘n hondjie by die huis!’ From: Lucinda Mentor

An Older Couple

An older couple were lying in bed one night. The husband was falling asleep, but the wife was in a romantic mood and wanted to talk. She said, “You used to hold my hand when we were courting.’ Wearily, he reaches across, holds her hand for a second, then tries to get back to sleep. A few moments later she said, “Then you used to kiss me.” Mildly irritated, he reaches across, gives her a peck on the cheek and settles down to sleep. Thirty seconds later she said, “Then you used to bite my neck.” Angrily, he throws back the sheets and gets out of bed. “Where are you going?” she asks, “To get my teeth”, he replied From: Tamzyn Tammy Palm

Jammerhartige Boer

Jare lank het ‘n bedelaar voor die koöperasie gesit en die jammerhartige boer het elke maand as hy sy goedjies kom koop vir die stomme man R20 gegee.

Een maand begin die boer egter om net R15 gee. Die bedelaar is ‘n bietjie dikbek, maar aanvaar dit maar.
‘n Jaar later gee die boer net R10 en die bedelaar vererg hom: “Haai ou,” sê hy, “toe jy van R20 na R15 afgekom het was ek geduldig, maar nou gee jy net R10. Hoekom so min?”
“Ag ek is jammer Meneer,” antwoord die boer verleë. “Jy sien, my seun is verlede jaar technikon toe en dit kos my baie geld, sodat ek nie genoeg geld gehad het om jou elke keer R20 te gee nie. En nou is my dogter universiteit toe en dit kos nog meer geld…”
“Hoor hier, hoeveel kinders het jy?” vra die bedelaar.
“Daar is nog twee in die hoër skool en een in die laer skool,” antwoord die boer.
“Wel, ek hoop nie jy is van plan om hulle almal op mý koste te laat leer nie!”
From Gregory Wienand